Deur Suzaan Potgieter, Die Burger Versnit
‘n Spesiale bylaag het ter viering van Internasionale Sauvignon Blanc-dag in Die Burger Versnit en op Netwerk24 verskyn. Die bylaag sluit onder andere in:
Sexy sauvignon blanc se tyd
Ons is bederf met soveel goeie sauvignon blanc in die land, skryf die Kaapse wynmeester Winnie Bowman.
Dis ’n feit soos ’n koei: Sauvignon blanc is ons nasie se gunsteling-witwyn. Daar is tans 9 831 ha van dié druifsoort geplant en hierdie getal groei jaar ná jaar. Dit is verblydend, want die land se wingerd is aan die verklein. In die 2019-’20-jaar is daar plaaslik 15 miljoen liters sauvignon blanc verkoop, terwyl ’n verstommende 36,3 miljoen liter uitgevoer is!